Mnr. Chris en me. Elayne Clash ofte wel die "Crazy Travellers" soos hulle hulself noem, is tans in Namibië as deel van hul reis om die wêreld. Hulle bly al sedert 2007 in die daktent van hul selfgeboude motor "Victor". Die motor is ook tot dusver die enigste selfgeboude motor wat die tog om die wêreld aanpak. In die video vertel Clash meer oor die motor en sommige van hul avonture.